Sighting: 2013 December 31

Albie Maré writes:

“Ons het op 31 Desember 2013 om 23h00 ‘n voorwerp wat lyk soos ‘n vuurbal, omtrent so groot soos ‘n kleinbordjie van oos na wes oor Delareyville sien beweeg. Ons het die voertuig afgesit en uitgeklim om te hoor of daar enige dreuning soos van ‘n vliegtuig is, dit was doodstil. Het redelik vinnig getrek en toe oor die horison in die rigting van Vryburg verdwyn. Het enige iemand anders dit dalk ook waar geneem?”